sk0907koejawels04
Gebak

Koejawel-en-klapper-krummelpoeding

6 porsies

  • 8 koejawels, geskil en in kwarte gesny
  • 110 g (140 ml) strooisuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 50 g (60 ml) strooisuiker
  • 70 g (125 ml) koekmeel
  • 100 g (110 ml) koue botter
  • 80 g (250 ml) klapper
  • 100 g amandelvlokkies

Verhit oond tot 180 ºC. Meng koejawels, 110 g strooisuiker en geursel in ’n mengbak. Skep in ’n gesmeerde oondbak van 30 cm. Meng 50 g strooisuiker en meel in ’n mengbak. Vryf botter daarby in totdat dit soos broodkrummels lyk. Voeg klapper en amandels by en meng. Skep mengsel bo-op die koejawels en bak vir sowat 40 minute tot bros en goudbruin. Sit voor saam met room.