sk0907koejawels02
Gebak

Koejawel-jogurt-koek

8 porsies

  • 3 vars koejawels, geskil en in skywe gesny
  • 175 g (190 ml) sagte botter
  • 165 g (195 ml) strooisuiker
  • 3 eiers
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 houer (175 g) Bulgaarse jogurt
  • 125 ml esdoringstroop (maple syrup)
  • 250 ml room, styfgeklop

Verhit oond tot 160 ºC. Rangskik koejawelskywe onderin ’n gesmeerde ringpan of losboompan van sowat 23 cm. Klits botter en strooisuiker saam tot lig en romerig. Klits eiers een vir een by. Sif meel en bakpoeier saam. Voeg meel saam met jogurt by die strooisuiker-mengsel en klits tot goed gemeng. Skep mengsel bo-op koejawels en bak vir 1 uur. Haal uit en laat vir sowat 10 minute afkoel in die pan. Keer uit en laat verder afkoel op ’n afkoelrak. Gooi die esdoring-stroop oor en sit voor saam met styfgeklopte room.