Gebak

Koejawel-puree met gebakte vla

4 porsies

  • 1 vanieljepeul of 2 ml vanieljegeursel
  • 450 ml room
  • 84 g (100 ml) strooisuiker
  • 5 eiergele
  • 1 blik (410 g) koejawels
  • 45 ml room
  • 1 vars koejawel, geskil en in skywe gesny

Verhit oond tot 150 ºC. Sny vanieljepeul met ’n skerp messie oop. Plaas vanieljepeul, room en helfte van strooisuiker in ’n kastrol. Verhit net tot kookpunt. Klits eiergele saam met res van strooisuiker tot lig en romerig. Haal vanieljepeul uit warm room. Voeg warm room geleidelik by eiergeel-mengsel en klits goed. Verdeel vla tussen vier ramekins. Plaas ramekins in ’n bain-marie (waterbad). Plaas in oond en bak vir 45 minute. Haal uit en laat afkoel. Verwyder pitte van geblikte koejawels en maak ’n puree van die res in jou voedselverwerker. Voeg
45 ml room by en klits goed. Skep koejawel-puree bo-op vla en rond elkeen af met ’n skyfie vars koejawel.