Donna Lewis

Gebak

Koekerige quiche

Quiche is gewoonlik plat, maar jy bak
dié een in ’n broodpan.
genoeg vir 6 – 8
• 1 x 400 g-rol broskorsdeeg, ontdooi
• 45 ml olyfolie
• 2 x 250 g-pakkies spek, grofgekap
• 2 uie, in ringe gesny
• 1 x 100 g-pak babaspinasie
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 250 g beleë cheddarkaas, gerasper
• 3 eiers, geklits
• 125 ml room
Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n 20 cmbroodpan met bakpapier uit en spuit
met kleefwerende kossproei. Voer pan met broskorsdeeg uit en bak blind vir
10 minute. (Blind bak beteken jy voer die deeg met bakpapier uit en vul dit met rou
rys of bone voor jy dit bak.) Verhit olie in braaipan en braai spek en uie vir 5 minute.
Verwyder van hitte en roer spinasie deur. Geur met sout en peper. Sprinkel kaas
in gebakte kors en skep spinasiemengsel bo-op. Meng eiers en room. Gooi oor
mengsel. Bak vir 30 – 40 minute of tot gestol. Laat in pan afkoel en verwyder
versigtig. Sit louwarm voor.