FOTO Donna Lewis
SARIE AUGUSTUS 2014

FOTO Donna Lewis SARIE AUGUSTUS 2014

Gebak

Koesister-doughnuts

Koeksisters word warm in yskoue stroop gedoop, terwyl koesisters warm in warm stroop gedompel en in klapper gerol word.

genoeg vir 10 – 12

• 30 ml louwarm water
• 125 ml louwarm melk
• 30 ml strooisuiker
• 20 ml heuning
• 5 ml fyn gemmer
• 20 ml fyn kaneel
• 15 ml anyssaad
• 80 g (85 ml) botter, gesmelt
• 2 eiers
• 1 x 10 g-sakkie kitsgis
• 350 g (625 ml) koekmeel, plus ekstra vir uitrol
• 10 ml karamelgeursel
• 400 g (500 ml) suiker
• 500 ml water
• sonneblomolie vir diepbraai
• 200 g droë klapper

Plaas water, melk, strooisuiker, heuning, gemmer, kaneel, anys, botter en eiers in elektriese menger se bak. Voeg gis, meel en karamelgeursel by. Meng op hoë spoed met die K-menger (K-beater) tot hele mengsel in een bal saamkom. Dit duur sowat 10 – 12 minute, en die deeg is sag en klewerig. Plaas deeg in skoon bak wat met olie gesmeer is en maak toe met kleefplastiek. Laat rys op ’n warm plek tot dubbel in volume, sowat 30 – 45 minute. Terwyl deeg rys, kook suiker en water saam in middelslagpot vir 5 minute. Hou warm. Verhit sonneblomolie in groot pot tot matig warm. Sprinkel dun lagie koekmeel op werkvlak en keer uitgerysde deeg daarop uit. Druk plat tot sowat 1 cm dik. Gebruik ronde 12 cm-koekiedrukker en druk sirkels uit deeg. Gebruik kleiner 2 cmdrukker en druk ’n gaatjie in elke deegsirkel. Diepbraai in olie vir sowat 3 minute per kant of tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier, gebruik ’n tang en doop dadelik in warm stroop vir 1 minuut. Dreineer en rol in klapper. Sit voor.