sk1006bak3
Gebak

Koeksisters

(sowat 12 koeksisters)

Stroop

  • 1 kg suiker
  • 500 ml water
  • 2 stukke vars gemmer
  • 2 ml kremetart
  • knippie sout
  • sap van halwe suurlemoen

Plaas al die bestanddele in ‘n kastrol. Verhit en roer totdat suiker opgelos is. Sit die deksel op en laat kook vir 1minuut. Kook nog 5minute sonder deksel. Moenie roer nie. Laat afkoel. Plaas in yskas, verkieslik oornag, tot heeltemal koud.

Deeg

  • 240 g (430 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 3 ml sout
  • 25 ml botter
  • 150 ml karringmelk
  • 750 ml sonneblomolie om koeksisters in te braai

Sif meel, bakpoeier en sout saam in ‘n mengbak. Vryf botter in droë bestanddele in totdat dit soos broodkrummels lyk. Voeg karringmelk by en meng tot sagte deeg wat maklik geknie kan
word. Die geheim van goeie koeksisters is om die deeg te knie totdat klein blasies vorm – sowat 20 minute. Maak toe met ‘n klam doek en laat rus vir 15 minute. Rol deeg sowat 5 mm dik uit en sny in blokke van 8 x 5 cm. Sny elke blok in die lengte in 3 vingers, maar nie dwarsdeur nie. Volgens die kenners moet die koeksister net drie keer gevleg word. Verhit olie en toets met ‘n stukkie afvaldeeg. Die deeg pof op, maar braai nie vinnig bruin nie. Braai nou 2 koeksisters op ‘n slag. Laat dit eers mooi bruin word aan die een kant voor jy dit omdraai. Plaas op kombuispapier vir ‘n paar sekondes om van die olie ontslae te raak en doop dan dadelik in die yskoue stroop. Die stroop moet onmiddellik intrek. Plaas die koeksisters op ‘n afkoelrak bo-op ‘n bakplaat.

Wenk: Plaas die koue bak stroop in ‘n bak met ys. So sal die stroop koud bly. Bêre koeksisters in die vrieskas.

  • Susan strecker

    Het die koeksisters gebak dit was heerlik Baie dankie
    liefde susan strecker

  • mhmkbzv

    6hkBB8 veomdfkneuxy, [url=http://fsexzzwfmrcv.com/]fsexzzwfmrcv[/url], [link=http://nozcayphygrw.com/]nozcayphygrw[/link], http://dntbxscmeqtm.com/

  • Tracey Basson

    Ek bly in Washington, D.C. en is van kaapstad en het koeksisters so gelus tot ek die recipe online gevind het. Dankie – Tracey Basson

  • Manica

    Ek is nog altyd bang om koeksisters te maak maar ek gaan hierdie uit probeer! Hoe moeilik kan dit wees :-) Ek sal terug wees om julle te laat weet hoe dit gegaan het.
    Baie dankie!!