Gebak

Koffie-sjokoladepoeding

(6 porsies)

  • 150 g bruismeel
  • 25 g kakao
  • 200 g strooisuiker
  • 100 g donkersjokolade, grofgekap
  • 180 ml melk
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 40 g botter, gesmelt
  • 1 eier
  • mascarpone-kaas of styfgeklopte room, om voor te sit

Sous

  • 180 g sagte bruinsuiker
  • 120 g kakao
  • 500 ml sterk swart koffie

Verhit jou oond tot 180 °C. Sif die bruismeel en kakao saam in ’n mengbak. Voeg die strooisuiker by en meng goed. Voeg die sjokolade by die meelmengsel. Klits die melk, vanieljegeursel, botter en eier saam in ’n ander bak en voeg by die meelmengsel. Meng al die bestanddele goed saam met ’n ballonklitser. Maak seker daar is geen klonte nie. Gooi die mengsel in ’n 18 – 23 cm-oondbak. Klits die sous-bestanddele goed saam en gooi oor die eerste mengsel. Bak vir so 1 uur. Die poeding is nog lekker klam in die middel. Sit voor saam met mascarpone-kaas of styfgeklopte room.