sk1010vinnig_2_
Gebak

Kolwyntjies met kersies

(12 kolwyntjies)

  • 1 x basiese resep
  • 75 g glanskersies, grofgekap

versiersel

  • 130 g (250 ml) versiersuiker
  • sap van 1 suurlemoen
  • 30 ml koue water
  • 12 glanskersies

Volg aanwysing vir basiese resep se beslag. Roer gekapte kersies by. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uitkom. Haal uit en laat afkoel voor jy die kolwyntjies versier. Meng versiersuiker en suurlemoensap saam. Voeg net genoeg koue water by tot dit ‘n stywe, loperige mengsel maak. Skep op kolwyntjies en versier met glanskersies.