Gebak

Kolwyntjies met sjokoladesplinters en amandels

(12 kolwyntjies)

  • 1 x basiese resep (basiese vanielje-kolwyntjie)
  • 100 g fyn amandels
  • 140 g sjokoladesplinters versiersel
  • 1 x basiese vanieljeversiersel (versiersel)
  • 80 ml kakao, gesif
  • 100 g donkersjokolade, fyngerasper

Volg aanwysing vir basiese resep se beslag. Roer amandels en splinters by. Verdeel mengsel tussen bakkies en plaas in warm oond. Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen
skoon uitkom. Haal uit en laat afkoel voor jy die kolwyntjies versier. Meng kakao by basiese vanieljeversiersel in. Gebruik ‘n groot lepel en skep bo-op kolwyntjies. Smeer in ‘n mooi patroon. Sprinkel gerasperde sjokolade oor.