sr1010kooksaam_1_
Gebak

Crème brûlée

Sag, koud en romerig met sy byna bitter suikerlagie . . . Crème brûlée is een van die oudste nageregte – eenvoudig en ekonomies om te maak.

JY HET NODIG
(4 – 6 porsies)

  • 1 vanieljepeul of 5 ml vanieljegeursel
  • 500 ml room
  • 6 eiergele
  • 100 g strooisuiker ekstra strooisuiker vir bolaag

Stap 1

Stap 1.Verhit oond tot 140 ˚C. Gebruik ‘n skerp mes en sny die vanieljepeul in die lengte deur. Skraap die saadjies weerskante uit die peul. Bring room, vanieljesaadjies en die halwe peule tot kookpunt.

Stap 2

Stap2.Klits eiergele en suiker saam in ‘n mediumgroot mengbak. Verwyder vanieljepeule uit room en gooi weg.Voeg warm room by eiergele terwyl jy stadig klits.

Stap 3

Stap 3 Plaas ‘n oondvaste bak in ‘n oondpan. Gooi eiermengsel deur ‘n sif in die bak. Vul oondpan met warm water tot halfpad die hoogte van die bak. Plaas in warm oond en bak vir sowat 45 – 60 minute of tot dit die tekstuur van jellie het as jy liggies teen die bak stamp. Plaas in yskas om verder te stol tot yskoud.

Stap 4

Stap 4 Strooi ‘n dun lagie strooisuiker oor die koue crème brûlée. Gebruik ‘n blaasvlam en brand die suiker tot ‘n donker karamel vorm. As jy nie ‘n blaasvlam het nie, kan jy dit ook onder jou oond se roosterelement sit. Sit dadelik voor.

Onthou . . .

  • Jy kan ook die mengsel in kleiner koppies verdeel voor jy dit bak sodat elke gas sy eie porsie het.
  • Kap 100 g wit- of donkersjokolade fyn en smelt saam met die warm room voor jy die eiergele byvoeg. Bak soos gewoonlik.
  • Jy kan ook die crème brûlée sonder ‘n suikerlaag voorsit vir ‘n gesonder opsie. Sit dan sommer hande vol vars bessies en vrugte by.

Probeer gerus . . .

Sny 100 g Turkse lekkers in klein blokkies. Strooi onder in bak voor jy mengsel ingooi. Bak dan soos die resep aandui. Die lekkers smelt stadig en gee die crème brûlée ‘n heerlike
soet roosgeur.

  • carlia

    Baie lekker resep