sk07muratie06
Gebak

Koninginpoeding

  • 6 snye witbrood, dun gesmeer met botter
  • 4 eiergele
  • 30 ml suiker
  • 900 ml melk
  • 10 ml brandewyn
  • knippie sout
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 125 ml room
  • warm appelkooskonfyt
  • 4 eierwitte
  • 30 ml strooisuiker

Pak die snye brood in ‘n gesmeerde oondbak. Klits die eiergele en suiker goed saam. Voeg die melk, brandewyn, sout en vanieljegeursel by en klits weer goed. Gooi die room by en klits liggies saam. Giet oor die brood en laat week vir 20-30 minute. Verhit intussen die oond tot 180 °C. Sit die bak in ‘n groter oondbak met warm water en bak vir sowat 1 uur. Haal die poeding uit en smeer warm appelkooskonfyt rojaal oor. Klits eers die eierwitte styf en klits dan die strooisuiker by tot die mengsel soos meringue lyk. Skep oor die brood en sit terug in die oond teen 160 °C tot bruin.