Gebak

Koue onderstebo tamatie-tertjies

(6 porsies)

  • 60 g (60 ml) botter
  • 15 ml bruinsuiker
  • 30 ml balsemasyn
  • 250 g klein rosa-tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 velle gekoopte blaardeeg
  • vars slaaiblare van jou keuse

Verhit jou oond tot 200 °C. Plaas die botter, suiker en asyn saam in ’n pan. Laat smelt die mengsel oor lae hitte. Voeg die tamaties by. Geur met sout en swartpeper. Braai tot die tamaties begin karamelliseer. Skep in klein pannetjies. Jy kan klein losboom-quiche-pannetjies gebruik (voer hulle eers met bakpapier uit). Laat afkoel. Sny 6 sirkels uit die blaardeeg, groot genoeg om in die pannetjies te pas. (Ek het die pannetjies gebruik om die sirkels uit te druk.) Plaas die deeg bo-op die afgekoelde tamaties. Bak vir sowat 25 – 30 minute. Die deeg moet mooi goudbruin en bros wees. Haal uit en keer die tertjies versigtig om. Ek sit hulle by kamertemperatuur voor.

Om te drink
‘n Koue glasie droë cap classique