Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

6 uur tuis, eet half 7

Kouevleis-en-mozzarella-pizza

(2 PORSIES) 25 MINUTE

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 x 400 g-blik tamatie
  • 200 ml rooiwyn
  • 200 g winkeldeeg (bestel reeds die vorige dag by jou supermark se bakkery)
  • meel vir uitrol
  • 100 g salami
  • 100 g ham
  • 200 g mozzarella-kaas, in repe gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 220 °C en verhit olyfolie in mediumgroot pot. Voeg uie en knoffel by. Braai tot ligbruin. Voeg tamatie en wyn by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 10 minute. Rol deeg met koekroller uit op meelbestrooide oppervlak tot sowat 1 cm dik. Plaas op bakplaat wat bespuit is met kleefwerende sproei. Smeer tamatie-sous bo-oor deeg. Strooi salami en ham bo-oor. Plaas kaas op pizza en geur goed met sout en peper. Bak in warm oond vir 10 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor met vars basilie of roketblare.