Gebak

Kruisement-lamsribstuk

(4 porsies)

  • 50 g broodkrummels
  • 25 g kruisementblare
  • 25 g pietersielie
  • 25 g dennepitte
  • 25 ml botter, gesmelt
  • 600 g lamsribstuk (rack of lamb)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 4 heel knoffelbolle, gehalveer
  • sowat 60 ml olyfolie

Verhit oond tot 200 °C. Gooi krummels, kruisementblare, pietersielie, dennepitte en gesmelte botter in ‘n voedselverwerker. Meng goed saam. Maak klein dwars-snytjies op die vleis se vel en druk die kruisementkors styf vas boop. Maak die beentjies toe met tinfoelie om te verseker dat hulle nie te bruin word nie. Geur met sout en swartpeper. Plaas lamsribstuk
in oondroosterbak sodat die bene plat lê, met kors na bo. Sit knoffel by. Besprinkel vleis en knoffel met olyfolie. Plaas in warm oond (sien wenk vir hoe lank jy dit moet rooster). Wanneer jy die vleis uit die oond haal, moet jy dit nie onmiddellik oplig nie – die kors kan afgly. Laat rus eers vir tien minute en sit dan voor.

WENK:

Hoe lank rooster ek my lamsribstuk?

Taamlik rou (rare) – 20 minute

Medium-gaar – 25 minute

Medium – 30 minute

Goed gaar – 35 minute

Laat altyd ook nog 8 – 10 minute rustyd toe.