sk0912mint06
Gebak

Kruisement-platbrood

  • 375 g koekmeel
  • 5 ml sout
  • 10 g-pakkie kitssuurdeeg
  • 5 ml suiker
  • 15 ml olyfolie
  • sowat 300 ml louwarm melk
  • sowat 12 kruisementblare
  • growwe sout

Verhit oond tot 180 °C. Meng meel, sout, suurdeeg en suiker saam. Voeg olie en melk by. Meng goed tot ‘n deeg. Knie vir minstens 10 minute. Smeer ‘n bietjie olyfolie in ‘n bak en plaas deeg daarin. Smeer deeg bo-op ook met ‘n klein bietjie olyfolie. Maak bak toe met kleefplastiek en plaas op ‘n warmplek. Laat deeg tot dubbel die grootte rys. Knie af en vorm in ‘n groot ronde brood. Plaas op gesmeerde bakplaat en rangskik kruisementblare boop. Besprinkel met growwe sout en laat weer vir so 20 minute rys. Bak vir 20 – 25 minute.