Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Gebak

Lam-en-ertjie-pastei

(12 klein pasteie)

  • 200 g (360ml) koekmeel
  • 100 g (110ml) botter
  • 60 ml yswater
  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies
  • 15 ml fyn koljander
  • 10 ml komynsaad
  • 10 ml garam-masala
  • 1 kg lamsvleis-blokkies
  • 400 g wit sampioene, gehalveer
  • 200 ml beesaftreksel
  • 250 ml laevet-room
  • 280 g bevrore ertjies
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 ˚C. Sit meel en botter in voedselverwerker en meng op hoë spoed tot dit lyk soos fyn broodkrummels. Voeg yswater by en meng tot alles saam ‘n bal vorm. Laat rus in yskas tot yskoud. Verhit olyfolie in ‘n groot braaipan. Braai ui, knoffel, koljander, komynsaad en masala saam tot dit begin verkleur. Voeg vleis en sampioene by en braai sowat 10 minute tot goudbruin. Gooi aftreksel by en verlaag hitte. Laat stadig prut vir 20 – 25 minute of tot vleis sag is. Gooi room by en laat prut tot ‘n dik sous vorm. Roer bevrore ertjies by en geur goed met sout en peper. Laat afkoel. Rol koue deeg op meelbestrooide oppervlak uit tot 3 mm dik. Sny 12 sirkels van 15 cm groot met ‘n koekiedrukker uit. Rol die orige deeg weer tot 3mm dik uit en sny sirkels van sowat 8 cm uit. Spuit holtes van standaard-muffinpan met kleefwerende sproei en voer uit met groot deegsirkels. Verdeel vleismengsel tussen pasteie. Plaas kleiner deegsirkel bo-op en seël die rande deur met vurk op kante te druk. Bak 20 – 25 minute of tot goudbruin.

 Jy kan ook een groot pastei maak in ‘n 30 cm-koekpan.