Lam-en-sampioenpastei

Lam-en-sampioenpastei FOTO Micky Hoyle

Gebak

Lam-en-sampioenpastei

genoeg vir 2 pasteie

Verhit oond tot 180 °C. Verhit sowat 60 ml olyfolie in ’n groot kastrol. Bedek 570 g lamsvleisblokkies met 35 g (60 ml) koekmeel. Braai tot mooi bruin en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Voeg 1 fyngekapte ui, 1 fyngekapte knoffelhuisie en 250 g gesnyde sampioene by. Braai 5 minute en voeg 250 ml groenteaftreksel en 2 takkies vars tiemie by. Maak kastrol toe met deksel en plaas in oond. Bak 2 uur tot vleis sag is. Laat vulsel afkoel. Halveer 1 x 400 g-vel blaardeeg en skep vulsel aan een kant van elke stuk deeg. Verf rande met 1 geklitste eier en vou toe. Verf bo-op met orige eier en versier met oortollige deeg. Verf weer met eier en plaas op uitgevoerde bakplaat. Plaas in oond en bak 35 – 40 minute.