Gebak

Lamsboud met mosterd

(6 porsies)

  • 1 lamsboud met been
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 ml olyfolie
  • sap van 2 suurlemoene
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 50 ml mosterd
  • 200 ml witwyn

Verhit oond tot 170 ºC. Geur die lamsboud weerskante met sout en peper. Gooi helfte van die olyfolie in ‘n oondroosterpan. Plaas die lamsboud in en gooi die suurlemoensap oor. Smeer knoffel en mosterd oor die boud. Gooi res van olyfolie oor en maak toe met tinfoelie. Plaas in warm oond. Maak die bak ná 2 uur oop. Voeg die wyn by en laat verder oondrooster vir minstens nog 1½ uur. Die vleis sal heerlik sag wees en feitlik van die been af val. Dis hoe ek daarvan hou.