Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Leipoldt se aartappeltert

1 X 20 cm-TERT

• 500 ml kapokaartappels (so 6 groot aartappels)
• 1 vel (400 g) blaardeeg
• 200 g (250 ml) suiker
• 6 eiers, geskei
• 5 ml fyn kaneel
• 1 ml sout

Verhit oond tot 180 ºC. Kook aartappels (sonder skil) tot sag. Wanneer dit sag is, maak dit baie fyn vir die 500 ml kapokaartappels. Voer ’n diep, gesmeerde tertbord met die blaardeeg uit. Klits suiker en eiergele saam tot lig en romerig. Voeg kapokaartappels, kaneel en sout by. Meng goed. Klits eierwitte styf. Vou eierwitte versigtig by die aartappelmengsel in. Gooi mengsel in tertdop en bak vir ongeveer ’n uur. Hou maar dop dat dit nie te bruin word bo-op nie. Skakel oond af en laat vir so ’n uur in die oond afkoel voor jy die tert uithaal. Sif ’n bietjie versiersuiker oor.