Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Lemoenblokkies-koek

(8 STUKKE VAN 9 CM X 6 CM)

  • 240 g (430 ml) koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 100 g (125 ml) suiker
  • 2 ml sout
  • 50 g (55 ml) botter, in blokkies gesny
  • fyngerasperde skil van 1 lemoen
  • 75 ml melk
  • 1 eier
  • 75 ml lemoensap

Bo-laag

  • 60 g (110 ml) koekmeel
  • 120 g (150 ml) bruinsuiker
  • 10 ml fyn kaneel
  • 2 ml fyn neut (opsioneel)
  • knippie sout
  • 60 ml gesmelte botter
  • 30 ml lemoensap
  • versiersuiker om oor te sif

Verhit oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat van 29 x 19 x 2,5 cm diep uit met bakpapier. Sif meel, bakpoeier, suiker en sout saam. Voeg botter by en vryf in meel in. Voeg gerasperde lemoenskil by. Klits melk, eier en lemoensap saam. Voeg by droë bestanddele en meng goed. Skep in bakplaat.
Maak bo-laag Meng meel, bruinsuiker, kaneel, neut (as verkies) en sout. Voeg gesmelte botter en lemoensap by. Meng goed en smeer op eerste mengsel. Plaas in warm oond en bak vir 30 minute. Toets met dun pennetjie. Haal uit en sny in blokke. Laat afkoel en sif versiersuiker op. Sit voor met styfgeklopte room.