sk1011laegi_4_
Gebak

Lemoenkoekies

Resep deur Hilda Lategan

Resep lewer: 24 Koekies
porsiegrootte: 1 Koekie

  • 65 ml (60 g) sagte margarien
  • 75 ml (60 g) strooisuiker
  • 100 g marmelade van goeie gehalte
  • 5 ml gerasperde lemoenskil
  • 100 g droëvrugtekoekmengsel
  • 1 groot eier, geklits
  • 30 ml ongegeurde vetvrye jogurt
  • 5 ml koeksoda
  • 250 ml (130 g) volkoringmeel
  • 75 ml (50 g) hawersemels (oat bran)
  • 225 ml (80 g) ProNutro Wholewheat Original

Versiersel

  • 100 ml (50 g) versiersuiker
  • 1 ml gerasperde lemoenskil
  • 10 ml vars lemoensap
  1. Verhit oond tot 170 °C.
  2. Room margarien en strooisuiker saam tot lig en donsig.
  3. Sny die skil van die marmelade fyner, soos nodig. Meng marmelade, lemoenskil, droëvrugtekoekmengsel, eier, jogurt en koeksoda. Meng die volkoringmeel, hawersemels en ProNutro. Roer die konfytmengsel en droë bestanddele om die beurt by die geroomde mengsel in om ’n klewerige deeg te vorm. Verkoel die deeg vir 10 minute, dan hanteer dit makliker. Rol okkerneutgroot deegballetjies, plaas op gesmeerde bakplate en druk met ’n vurk plat tot dikte van sowat 1 cm.
  4. Bak vir 15 – 20 minute tot goudkleurig en gaar. Laat die lemoenkoekies op die bakplate afkoel.

Versiersel Meng versiersuiker, skil en sap tot ’n loperige versiersel en drup in ’n dun straaltjie oor die koekies wanneer dit heeltemal afgekoel het.