Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS FEB/MRT 2014

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS FEB/MRT 2014

Gebak

Lorraine-quiche

Resep deur Tannie Poppie
Een van die bekendste soutterte op die quiche-spyskaart. Altyd ’n wenner!
Genoeg vir 1

• 1 x basiese korsresep
• 5 ml olyfolie
• 6 repe strepiespek, gekap
• 2,5 ml neutmuskaat
• 120 g verouderde cheddarkaas, gerasper
• 3 eiers, liggies geklits
• 125 ml room
• 125 ml melk
• 10 ml gemengde kruie

Maak kors aan volgens resep en voer ’n reghoekige losboom-tertpan van 25 x 13 cm daarmee uit. Verhit oond tot 180 °C. Verhit olie in braaipan en braai spek tot bros oor medium-hitte. Dreineer op papierhanddoek. Sprinkel neut oor voorbereide tertkors en skep spek bo-op. Strooi kaas bo-oor. Meng eiers, room, melk en gemengde kruie in mengbak. Giet in tertkors. Bak 30 min tot gestol en mooi bruin. Sit koud of warm voor.