Maalvleis-groentepastei

Maalvleis-groentepastei FOTO Micky Hoyle

Gebak

Maalvleis-groentepastei

genoeg vir 4 pasteie

Verhit oond tot 180 °C. Verhit sowat 40 ml olyfolie in ’n diep pan en braai 500 g maalvleis tot bruin. Voeg 1 fyngekapte ui en 2 fyngekapte knoffelhuisies by en braai tot ui sag is. Voeg 150 g wortelstokkies (in blokkies gesny) en 2 geskilde aartappels (in blokkies gesny) by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Maak pan toe met deksel en laat prut 20 – 30 minute. Voeg 125 ml klein bevrore ertjies by en laat prut oop tot ertjies sag is. Laat afkoel. Sny 2 x 400 g-velle blaardeeg in 4 groot sirkels. Skep vulsel op een kant van sirkel en verf rand met 1 geklitste eier. Vou toe en knyp deeg stewig vas. Plaas op uitgevoerde bakplaat en plaas in oond. Bak 35 – 40 minute.