FOTO: Donna Lewis
SARIE SEPTEMBER 2014

FOTO: Donna Lewis SARIE SEPTEMBER 2014

Gebak

Maalvleis-pastei

Genoeg vir 6 – 8

KORS

  • 400 g (715 ml) koekmeel
  • 200 g (220 ml) botter
  • 80 ml yswater

VULSEL

  • 30 ml olyfolie
  • 500 g maalvleis
  • 4 sprietuie, gekap
  • 2 wortels, gerasper
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 3 aartappels, geskil en in baie klein blokkies gesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 5 ml droë gemengde kruie
  • 500 ml lamsaftreksel
  • 1 eier, geklits
  • 100 g pecorino-kaas, gerasper

Kors Verhit oond tot 180 °C. Plaas meel en botter in ’n voedselverwerker en meng teen hoë spoed tot tekstuur van fyn broodkrummels. Voeg yswater by en meng tot ’n bal vorm. Laat rus in yskas tot yskoud. Rol deeg op ’n meelbestrooide oppervlak tot 5 mm dik uit. Spuit ’n 30 cm-losboomkoekpan met kleefwerende kossproei en voer uit met bak-papier. Spuit weer met kossproei. Voer pan met deeg uit en sny oortollige deeg af. Hou eenkant. 

Vulsel Verhit die olie in ’n pan en braai maalvleis tot los en bruin. Voeg die sprietuie, wortels, knoffel en aartappelblokkies by. Braai sowat 2 minute. Geur met sout, peper en gemengde kruie. Voeg aftreksel by en verlaag hitte. Laat prut vir 15 – 20 minute of tot aartappel sag raak. Verwyder van hitte en laat effens afkoel. Voeg die eier en pecorino-kaas by en meng deur. Skep vulsel in uitgevoerde pan. Rol oorblywende deeg uit en sny groot genoeg sirkel om bo-op vulsel te pas. Sny met klein koekiedrukker gaatjies in deeg. Verf met ekstra geklitste eier. Bak vir sowat
35 – 40 minute

FOTO: Donna Lewis SARIE SEPTEMBER 2014

FOTO: Donna Lewis
SARIE SEPTEMBER 2014

Maak saam met jou pastei