Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Maalvleis-quiche met komyngeur-sampioene

(8 – 10 porsies)

kors

  • 155 g botter
  • 280 g (500 ml) koekmeel
  • 45 ml water maalvleisvulsel
  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 200 g tamatiepasta
  • 10 ml fyn komyn
  • 500 g maer beesmaalvleis
  • 250 g bruin sampioene
  • 1 x 410 g-blik kersietamaties
  • hand vol Italiaanse pietersielie, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g vars aspersies
  • 250 g wit sampioene
  • 3 eiers
  • 300 ml melk

Verhit oond tot 160 ˚C. Sit botter en meel in voedselverwerker. Verwerk tot tekstuur van growwe broodkrummels. Voeg water by en verwerk tot deeg vorm. Draai toe in kleefplastiek en verkoel vir 20 minute. Rol koue deeg tot 3 mm dik uit op meelbestrooide oppervlak. Spuit ’n losboom-koekpan van 30 cm met kleefwerende kossproei en voer uit met die deeg. Laat rus in yskas vir 20 minute. Prik die koue deeg met ’n vurk en bak blind vir 10 minute of tot begin verkleur. Verwyder bakpapier en bak tot goudbruin, sowat 10 minute.

Maalvleisvulsel
Verhit olyfolie tot warm in middelslag-pot. Voeg ui en knoffel by en braai 5 minute of tot begin verbruin. Voeg tamatiepasta en komyn by en braai nog 2 minute. Voeg maalvleis by en braai 5 minute of tot verbruin. Voeg bruin sampioene by en braai nog 3 minute. Voeg kersietamaties en pietersielie by. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 10 – 15 minute of tot tamatie weggekook is. Geur goed met sout en swartpeper. Skep mengsel in gebakte kors. Pak vars aspersies en rou wit sampioene bo-op. Geur weer goed met sout en peper. Meng eiers en melk. Gooi oor aspersies en sampioene. Bak 35 – 40 minute of tot goudbruin en gestol. Laat afkoel en keer uit. Sit voor.

Wenk
Wanneer geld skraps is, is maalvleis ’n wenner omdat dit relatief min kos en ’n hele paar monde kan voed.