FOTO Micky Hoyle

SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

FOTO Micky Hoyle SARIE KOS JUNIE/JULIE 2013

Gebak

Macaroni-bolognaise-en-kaas

My gesin is mal oor macaroni met iets ongewoons by soos ʼn heerlike bolognaise-sous.


genoeg vir 8 – 10
Bolognaise-sous

• 30 ml olyfolie
• 1 ui, fyngekap
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• 1 kg beesmaalvleis
• 2 x 410 g-blikke gekapte tamaties
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 250 ml rooiwyn
• 250 ml room
• hand vol vars basiliekruid, grofgekap

Verhit olyfolie in ’n kastrol. Voeg ui en knoffel by. Braai tot ui sag en deurskynend is. Voeg maalvleis by en braai tot vleis net gaar en los is. Voeg tamaties by en geur met sout en peper. Voeg rooiwyn by en laat prut oop vir 1 uur. Voeg room en basilliekruid by en laat nog sowat 15 – 20 minute oop prut. Hou eenkant terwyl jy kaassous maak.

Kaassous 

• 80 g (85 ml) botter
• 50 g (90 ml) koekmeel
• 600 ml warm melk
• 100 g sterk cheddarkaas, geraspe
• sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas botter in ’n kastrol en smelt oor lae hitte. Verwyder van hitte en voeg meel by. Roer baie goed tot ’n gladde pasta vorm. Plaas terug op stoofplaat, voeg die warm melk by en roer heeltyd om klonte te voorkom. Hou aan roer tot die sous verdik het. Voeg die gerasperde kaas by en roer goed tot kaas gesmelt is. Geur met sout en peper.

Samestelling van gereg

• 1 x 500 g-pak macaroni
• 100 g sterk cheddarkaas, gerasper
• 4 – 5 groot rosa-tamaties

Verhit oond tot 180 °C. Kook macaroni volgens aanwysings op verpakking. Dreineer. Meng pasta met bolognaisesous en gooi in ’n groot oondbak. Gooi kaassous bo-op en sprinkel cheddarkaas bo-oor. Sny tamaties in skywe en rangskik bo-op. Plaas in oond en bak 1 uur.