Micky Hoyle

Gebak

Madeleine-koekies

Dit kom van Frankryk en is tradisioneel klein sponskoekies in die vorm van skulpies. Koop die pannetjies by bakwinkels of aanlyn by yuppiechef.com.
Sowat 24 koekies

  • 40 g (250 ml) koekmeel
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 40 g (100 ml) kakao
  • 5 ml bakpoeier
  • 1 eier
  • 5 ml sout
  • 125 ml karringmelk
  • 125 ml sonneblomolie
  • 2,5 ml vanieljegeursel
  • 125 ml kookwater

Sjokoladesous

  • 250 g melksjokolade
  • 200 ml room

Verhit oond tot 180 °C. Plaas bestanddele van mengsel 1 in mengbak van ’n elektriese menger. Meng goed teen medium-spoed. Spuit madeleine-pan deeglik met kleefwerende kossproei. Skep mengsel in holtes en bak 20 minute in oond. Maak intussen die sjokoladesous. Breek sjokolade in stukke en plaas saam met room in ’n kastrol. Sit kastrol op ’n oondplaat op lae hitte. Roer nou en dan tot sjokolade gesmelt is, maar sorg dat room nie kook nie. Haal koekies uit oond en sit warm voor met warm sjokoladesous.