Gebak

Madeleines

(sowat 24 koekies)

  • 135 g (150 ml) ongesoute botter
  • 30 ml (2 eetlepels) heuning
  • 3 eiers
  • 110 g (130 ml) strooisuiker
  • 15 g (15 ml) bruinsuiker
  • 135 g (240 ml) bruismeel, gesif

Smelt die botter en heuning in ’n kastrol en kook oor lae hitte tot goudbruin. Laat afkoel. Gebruik jou elektriese menger en klits die eiers en suikers tot lig en romerig. Vou die gesifte bruismeel daarby in. Gooi die mengsel in ’n plastiekbak en bedek. Los in die yskas vir 2 – 3 ure. Verhit jou oond tot 190 ºC. Smeer die madeleine-pannetjie met botter en gooi ’n klein bietjie meel daarin. Maak seker die meel bedek die hele pannetjie. Keer die orige meel uit. Skep so 15 ml van die mengsel in elke pannetjie. Bak vir 12 – 15 minute tot goudbruin. Bedien warm saam met koffie.

*Resep uit Fergus Henderson en Justin Piers Gellatly, Beyond Nose to Tail – More Omnivorous Recipes for the Adventurous Cook, Bloomsbury, 2007