FOTO Micky Hoyle

Gebak

Maklike appelkrummel-poeding

(Genoeg vir 4)

Verhit oond tot 200 °C. Maak 2 x 385 g-blikke appelskywe oop en plaas appels in ’n mengbak. Voeg 30 ml bruinsuiker by en meng. Skep in klein tertbakkies. Plaas 140 g (250 ml) koekmeel in mengbak. Voeg 115 g (125 ml) botter (in klein blokkies gesny) by. Vryf in meel tot dit soos broodkrummels lyk. Verdeel krummels bo-op appels. Sprinkel sowat 30 ml gevlokte amandel bo-op elke tertjie en plaas in warm oond. Bak sowat 15 – 20 minute tot mooi bruin bo-op. Sit warm voor.