Gebak

Maklike gesondheidsbrood

  • 125 ml spysverteringsemels (digestive bran)
  • 125 ml sonneblomsaad
  • 200 ml gerolde koring
  • 375 ml volkoringmeel
  • 250 ml koekmeel
  • 10 ml heuning
  • 10 ml bruinsuiker
  • 5 ml koeksoda
  • 3 ml sout
  • 500 ml karringmelk

Stap 1
Meng al die bestanddele saam, behalwe die karringmelk.

Stap 2
Voeg die karringmelk by. Jy moet die mengsel goed meng, en dit moet redelik klam wees.

Stap 3
Sit die broodmengsel in ‘n gesmeerde broodpan van 18 cm x 8 cm. Strooi nog ‘n bietjie sonneblomsaad en gerolde koring oor. Plaas die broodpan in ‘n warm oond van 180 °C vir 1 tot 1½ uur tot gaar. Toets met ‘n toetspen om seker te maak die brood is gaar.