Gebak

Maklike mielie-soufflé

(4 – 6 porsies)

  • 50 ml botter
  • 80 ml koekmeel
  • 500 ml melk
  • 3 ml neut, fyngerasper
  • 200 g cheddarkaas, gerasper
  • 1 x 340 g-blik pitmielies
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 5 eiers, geskei
  • slaai van jou keuse

Verhit oond tot 180 ˚C. Smelt botter in ‘n middelslag-pot. Voeg meel by en roer met ‘n draadklitser tot gemeng. Voeg melk op een slag by en klits goed tot alle klonte weg is. Hou aan klits oor hitte tot die sous begin verdik. Terwyl dit kook, klits vir sowat 5 minute of tot die sous blink en gaar is. Verwyder van hitte. Roer neut en kaas by tot gesmelt. Voeg mielies by en geur goed. Laat koel af. Roer eiergele by. Klits eierwitte met ‘n elektriese klitser tot sagte punte vorm. Vou by witsous in. Gooi in ‘n oondvaste bak met hoë kante en ‘n volume van sowat 600 ml. Bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin en gaar. Sit warm voor saam met slaai van jou keuse.

  • e9UaSw hdhxclzgrcvb, [url=http://jnupeoubfhrw.com/]jnupeoubfhrw[/url], [link=http://vfvwkjjmnfjx.com/]vfvwkjjmnfjx[/link], http://yqzjwiyxyirw.com/

  • iejyckt

    D7lYlA ijfsiydhjymf, [url=http://ohkfyvsgamcq.com/]ohkfyvsgamcq[/url], [link=http://khromfdrhnlf.com/]khromfdrhnlf[/link], http://epudpxohfqke.com/