sk07_1promosies_sasko01
Gebak

Maklike parmesaanbroodjies

(6 broodjies)

  • 250 ml sasko semelryke bruismeel
  • 250 ml sasko bruismeel
  • 100 g gerasperde parmesaankaas
  • 4 sprietuie, in skyfies gesny
  • 30 ml fyngekapte pietersielie
  • 2 ml sout
  • 500 ml karringmelk

Voeg al die bestanddele, behalwe die karringmelk, saam in n’n mengbak en meng goed. Gooi die karringmelk by en meng goed. Verdeel die mengsel in ses gesmeerde bakkies of ‘n muffinpan. Bak teen 180 °C vir 35-40 minute tot gaar. Sit warm voor met botter.