Foto deur Micky Hoyle

Foto deur Micky Hoyle

Gebak

Maklikste pannekoeknagereg met kersies en ricotta-kaas

(6 porsies)

  • 6 bevrore pannekoeke ontdooi

Ricotta-kaas-en-Sjokoladevulsel

  • 450 g ricotta-kaas
  • 100 g donkersjokolade, fyngekap
  • 90 ml strooisuiker

Meng al die bestanddele goed saam.

Swart kersiesous

  • 1 blik (425 g) ontpitte swart kersies
  • 45 ml strooisuiker
  • 10 ml mielieblom

Plaas kersies en strooisuiker saam in ’n kastrol. Verhit. Meng mielieblom met klein bietjie water en voeg by. Roer tot verdik. Hou warm eenkant. Verhit nou pannekoeke effens in mikrogolf. Skep kaasvulsel in middel van pannekoeke en vou van weerskante af toe. Sif 15 ml versiersuiker op elke pannekoek. Verhit ’n lang staalpen – maklikste is om dit oor ’n gasvlam te doen. Skroei kruispatrone op gevoude pannekoeke. Jy kan dit ook vinnig onder die roosterelement plaas. Skep warm kersiesous oor en sit dadelik voor.