sk0907rugby05
Gebak

Malvapoeding

6 porsies

  • 30 ml botter
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 2 eiers, geklits
  • 280 g (500 ml) koekmeel, gesif
  • 10 ml koeksoda
  • 188 ml melk
  • knippie sout
  • 30 ml fyn appelkooskonfyt
  • 30 ml bruinasyn

Verhit oond tot 180 °C. Room botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg geklitste eiers by en vou gesifte meel in. Meng koeksoda met melk en voeg saam met res van bestanddele by die mengsel. Skep in ’n gesmeerde oondbak van 22 x 18 cm en bak vir sowat 40 minute. Maak intussen die sous. Wanneer poeding gaar is, haal uit en gooi dadelik warm sous oor.

Sous

  • 1 blik ingedampte melk (Ideal Milk)
  • 250 ml warm water
  • 400 g (500 ml) suiker
  • 30 ml botter
  • 5 ml vanieljegeursel

Gooi ingedampte melk, warm water en suiker in ’n kastrol. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Die suiker moet gesmelt wees voor die mengsel kook. Voeg botter en geursel by. Wanneer botter gesmelt is, gooi warm sous oor warm poeding. Sit voor saam met vanieljeroomys.

Om te drink
‘n Spesiale laatoes-wyn soos Fleur du Cap se Noble Late Harvest 2007.

  • annemarie

    die resep is nie reg nie

    • Liv

      hi Annemarie, wat is verkeerd met die resep? te pap, te styf, te soet?