FOTO Micky Hoyle

SARIE KOS OKT/NOV 2012

FOTO Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2012

Gebak

Margherita-pizza

Pizza is altyd lekker – vir middagete, saans, as ʼn happie of selfs vir ontbyt
(4 X 30 CM – ovaalvormige pizza’s)

Pizzadeeg

• 500 g witbroodmeel
• 2 x 10 g kits-suurdeeg
• 5 ml suiker
• 2 ml sout
• 300 ml louwarm water

Meng meel, suurdeeg, suiker en sout in ’n mengbak. Voeg louwarm water by en maak aan tot ’n deeg. Knie deeg op ’n meelbestrooide oppervlak tot glad en elasties – jy moet minstens 10 minute knie. Smeer ’n groot mengbak met ’n klein bietjie olyfolie (dit sal keer dat die deeg vassit in die bak) en sit die deeg daarin. Smeer die deeg bo-op met ’n klein bietjie olyfolie en maak toe met kleefplastiek. Laat die deeg tot dubbel die grootte rys. Knie deeg af en vorm in ’n bal.

Bo-op

• 8 – 10 groot rosa-tamaties, in skywe gesny
• 2 x 300 g mozzarella-kaas, in skywe gesny
• sowat 4 takkies vars origanum
• groot hand vol vars basiliekruidblare
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit oond tot 240 °C. Verdeel die uitgerysde deeg in vier gelyke dele. Vorm die deeg met jou hande in ’n ovaalvorm of rol dit met ’n koekroller uit. Sprinkel ’n bietjie meel op ’n bakplaat en sit die pizzadeeg bo-op. Plaas eerste die skywe kaas daarop, dan die tamatie. Strooi vars origanum en basiliekruidblare oor en besprinkel die pizzas met olyfolie. Geur met sout en peper. Bak in warm oond vir sowat 10 minute.