Gebak

Mascarpone-tertjies

(sowat 10 groot tertjies)

  • 1 vel blaardeeg
  • 100 ml room
  • 500 g Lancewoodmascarpone- kaas
  • 200 g strooisuiker
  • 4 eiers
  • 50 ml heuning

Gekaramelliseerde pekanneute

  • 100 g suiker
  • 100 g pekanneute

Verhit oond tot 180 °C. Druk 10 groot sirkels uit blaardeeg met ‘n koekiedrukker. Voer groot muffinpanne (gespuit met spray & Cook) met blaardeeg uit. Klits al die vulselbestanddele goed saam. Gooi vulsel in muffinpanne. Bak vir 20 minute. Draai temperatuur af na 160 °C en bak vir nog 15 minute. skakel oond af en laat tertjies in oond afkoel. Maak intussen die gekaramelliseerde neute: smelt suiker in ‘n pan oor lae hitte. Voeg pekanneute by sodra suiker gesmelt en gekaramelliseer is. Roer deur totdat neute bedek is. Skep 10 eetlepels vol van mengsel op gesmeerde bakpapier en laat afkoel.

Wees versigtig: Die suiker is baie warm en jy kan brand. Plaas ‘n bietjie bo-op elke tertjie.

Barbara Joubert en Herman Lensing, SARIE KOS en SARIE se kosredakteurs, gaan saam-saam met Lancewood-kaas kóók by die SA Kaasfees.

Kom kyk elke dag om 13:30 in die Kookpot hoe dié twee saam kook. SA Kaasfees-entoesiaste kan kom proe, eet, kuier en geniet terwyl hulle ‘n wêreld se smake onder een dak ontdek. Dié fynproewerfees
vind plaas van saterdag 24 tot Dinsdag 27 april 2010 by Bien Donné, op die R45 tussen die Paarl en
Franschhoek.

Koop solank jou kaartjies, want dis dalk op voor jy kan sê “kaas” – slegs ‘n beperkte aantal is beskikbaar by
Computicket en Checkerswinkels (geen kaartjies by die ingang nie). Kaartjies kos R110 vir saterdag of sondag en R90 vir Maandag of Dinsdag. seniorburgers betaal R70 en kinders onder 12 kom gratis in. Die fees is daagliks oop van 10:00 tot 18:00 (dit sluit op Dinsdag om 17:00).