sr1305_koshoof_19_
Gebak

Melkbrood

(genoeg vir 7 rolletjies)

  • 25 g (45 ml) broodmeel
  • 125 ml water
  • 350 g (625 ml) koekmeel
  • 10 g kitsgis
  • 55 g (70 ml) suiker
  • 5 g sout
  • 10 g (30 ml) poeiermelk
  • 1 eier
  • 185 ml melk
  • 7 koljanderblare

Meng 25 g meel en water tot gladde mengsel. Plaas in skoon pot oor matige hitte en roer tot mengsel verdik. Krap uit in skoon bak en bedek met kleefplastiek. Laat tot kamertemperatuur afkoel. Plaas res van bestanddele, behalwe die koljanderblare, in elektriese menger se bak. Voeg afgekoelde meelmengsel by. Knie op medium-spoed tot gladde mengsel en tot alles in een bal saamkom, sowat 5 – 8 minute. Plaas in skoon bak wat goed met olie gesmeer is en laat rys op warm plek tot dubbel in volume, sowat 25 – 30 minute. Keer deeg uit op meelbestrooide oppervlak en verdeel in 7 porsies. Rol elke porsie in ronde bal. Spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei en pak deegballe in kransvorm. Plaas koljanderblaar op elke broodjie en laat rys weer vir sowat 10 – 12 minute. Bak in warm oond vir 12 – 15 minute of tot goudbruin.