sr1302_hoofkos_3_
Gebak

Melkkaramel met soet roosterbrood

(6 porsies)

Plaas 1 liter volroommelk en 300 g (375 ml) bruinsuiker in ’n groot pot en bring tot kookpunt terwyl jy roer. Verlaag die hitte tot daar letterlik net stoom uit die mengsel trek. Laat kook so vir 2 – 3 uur of tot ‘n dik goue karamel vorm. Roer mengsel elke 10 minute. Laat afkoel. Sny 400 g sponskoek in 1 cm-skywe en rooster in warm pan tot goudbruin. Sit voor met karamel.