Gebak

Mieliemeel-suurlemoenkoek

1 koek van 30 cm

  • 450 g (490 ml) ongesoute botter
  • 450 g (535 ml) strooisuiker
  • 400 g gemaalde amandels
  • 100 g amandel-blokkies
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 6 eiers
  • skil van 4 suurlemoene
  • sap van 1 suurlemoen
  • 225 g mieliemeel
  • 7 ml bakpoeier
  • 2 ml sout

Verhit oond tot 160 °C. Smeer ’n 30 cm-koekpan en voer bodem met bakpapier uit. Room botter en suiker saam tot lig en romerig. Voeg amandels en geursel by. Klits eiers een vir een by. Vou suurlemoenskil, -sap, mieliemeel, bakpoeier en sout in. Skep in gesmeerde pan en bak vir 45 – 50 minute.