Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Mielieplaatkoekie-stapels

Resep deur Annerien Vermeulen

6 – 8 porsies

Geroosterde tamaties

  • 10 ml kanola- of olyfolie
  • 400 g baba-rosa-tamaties, gehalveer
  • 10 ml suiker
  • sout en peper

Plaatkoekies

  • 250 ml volkoring-bruismeel
  • 2,5 ml koeksoda
  • 1,25 ml rooipeper
  • 1,25 ml sout
  • 180 ml vetvrye melk
  • 2 eiers
  • 1 blikkie (410 g) heelpitmielies,gedreineer

Vir voorsit

  • 170 g laevet-rugspek
  • paar handevol roket
  • 1 avokado, in skyfies gesny
  • sout en peper
  • ’n skeutjie heuning

Geroosterde tamaties: Verhit oond tot 140 °C. Plaas olie op ’n bakplaat en sit in oond om warm te word. Plaas tamaties op bakplaat sodra die olie warm is. Geur met suiker, sout en peper. Rooster tamaties stadig vir ongeveer 1 uur lank.

Plaatkoekies: Meng meel, koeksoda, sout en rooipeper. Klits die eiers en melk saam. Roer die twee mengsels by mekaar in en voeg die mielies by. Spuit ’n braaipan met kleefwerende kossproei. Braai lepels vol van die plaatkoekiemengsel tot gaar. Hou warm. Plaas spek op ’n gesmeerde bakplaat en bak in oond tot gaar. Plaas ’n plaatkoekie op ’n bord, gevolg deur roketblare. Bedek met tamaties, avokado en spek. Geur met sout, peper en heuning.