FOTO Micky Hoyle SARIE KOS APR/MEI 2014

Gebak

Mielieplaatkoekies

Hierdie plaatkoekies is ideaal vir ontbyt. 

genoeg vir sowat 16 plaatkoekies

• 240 g (430 ml) koekmeel
• 20 ml bakpoeier
• 2 ml sout
• 2 eiers
• 350 ml melk
• 25 ml sonneblomolie
• ½ x 340 g-blik mieliepitte, gedreineer
• botter om plaatkoekies in te braai

Stap 1

Sif meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak.

Stap 1

Stap 1

Stap 2

Klits eiers, melk en olie saam in ’n aparte bak.

Stap 2

Stap 2

Stap 3

Voeg mielies by gesifte meel.

Stap 3

Stap 3

Stap 4

Voeg eiermengsel by meelmengsel. Meng goed tot ’n gladde beslag vorm. Laat staan sowat 20 minute. Smelt ’n bietjie botter in ’n pan. Skep lepels vol beslag in. Braai tot borrels aan bokant vorm. Draai versigtig om en braai ander kant tot bruin. Hou warm en herhaal proses tot beslag op is. Sit voor met heuning of goue stroop.

Stap 4

Stap 4

Jy sal ook geniet

Deelborde vir twee vir ontbyt

Perfek vir ontbyt: Framboos-plaatkoekies

Ontbytpastei vir ’n gatskop-dag