Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS FEB/MRT 2014

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS FEB/MRT 2014

Gebak

Mosterd-en-aartappel-souttert

Resep deur Tannie Poppie
Probeer dié anderste tert – dis baie vullend.

Genoeg vir 1

• 1 x basiese korsresep
• 365 g (375 ml) kapokaartappels (sowat 4 aartappels)
• 25 ml korrelmosterd
• 3 eiers, liggies geklits
• 125 ml suurroom
• 75 ml vars room
• 25 ml grasuie, gekap (chives)
• 25 ml parmesaankaas, gerasper

Maak kors aan volgens resep en voer ’n reghoekige losboom-tertpan van 25 x 13 cm daarmee uit. Verhit oond tot 180 °C. Plaas al die bestanddele in ’n mengbak en meng goed. Skep in voorbereide tertkors en bak 30 minute of tot ferm. Sit warm voor.