Gebak

Mosterd-en-knoffel-varklies

(8 – 10 porsies)

  • ontbeende varklies van 1 kg, vel verwyder
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 10 ml knoffelpasta
  • 30 ml korrelmosterd
  • 250 g repiespek (streaky bacon)
  • 1 vars roosmaryntakkie, gekap
  • 30 ml olyfolie

Verhit oond tot 180 °C. Geur vleis met sout en swartpeper. Smeer knoffel en mosterd aan binnekant van vleis. Plaas repies speop werksoppervlak sodat die rande effens oorvleuel. Vorm vleis in ‘n rol en plaas bo-op spek. Maak rol toe met die spek en bind vas met kombuistou sodat dit sy vorm behou. Plaas in ‘n oondroosterbak en sprinkel roosmaryn en olyfolie oor. Rooster vir sowat 1 uur en 15 minute. As die vleis te donker raak, maak dit toe met tinfoelie. Haal uit en laat afkoel as jy dit koud wil voorsit. Sit voor met pekeluitjies, agurkies, brood van jou keuse, blatjang en nog korrelmosterd.