Gebak

Neut-tertjies

6 tertjies

  • 1 vel (400 g) blaardeeg
  • 1 eier, geklits
  • 75 g sagte botter
  • 60 ml sagte bruinsuiker
  • 100 g gemaalde amandels
  • 50 g pekanneute
  • 50 g heel amandels
  • 30 ml sagte bruinsuiker
  • versiersuiker, om bo-oor te sif

Verhit oond tot 200 °C. Druk ses sirkels van so 8 cm uit blaardeeg. Plaas deegsirkels op ’n uitgevoerde bakplaat. Smeer hulle met geklitste eier. Meng botter, 60 ml bruinsuiker en gemaalde amandels in voedsel-verwerker tot ’n gladde pasta. Verdeel pasta tussen deegsirkels en smeer dit bo-op. Rangskik neute bo-op en sprinkel ’n teelepel bruinsuiker oor elke tertjie. Bak vir 25 minute tot deeg bros en gaar is. Laat effens afkoel en sif versiersuiker oor.