FOTO: Estvan Vermeulen

FOTO: Estvan Vermeulen

Gebak

Nutella-brood: Bak stap-vir-stap saam met die Klits-en-klets-blogger

Die sjokoladebrood lyk indrukwekkend, maar dis eintlik baie maklik om dié Nutella-vlegsel te bak. Die Klits-en-klets-blogger, Liezl Vermeulen, wys jou stap vir stap om dit soos ’n bobaas-bakker te doen.

Nutella-broodvlegsel

Diegene wat allergies is vir neute kan Nutella met gewone sjokoladesmeer vervang.

 

  • 500 ml koekmeel
  • 2 ml sout
  • 15 ml suiker
  • 10 g gis
  • 125 ml louwarm water
  • 35 ml gesmelte botter
  • 1 eiergeel
  • 80 – 100 g Nutella

1. Voorverhit die oond op 170°C. Plaas droë bestanddele saam in ’n mengbak. Meng nat bestanddele goed.  Giet die nat beslag by die droë bestanddele en knie met die hand of ’n elektriese menger totdat die deeg bymekaarkom en elasties voel. Plaas in ’n bak met ’n druppel olie op die bodem, bedek met kleefplastiek en los op ’n warm plek om te rys tot dubbel die grootte.

2. Rol deeg sowat 3 – 4 mm dik uit op ’n meelbestrooide oppervlak.

Nutella-brood

FOTO: Estvan Vermeulen

3. Smeer die uitgerolde deeg met Nutella. Wees versigtig om nie té veel op te smeer nie. Los ook 2 cm aan die een kant oop om te verseker dat jou vulsel nie uitloop nie. Rol die deeg stadig op na die kant toe wat nie gesmeer is nie.

IMG_9113e

FOTO: Estvan Vermeulen

5. Sny die gerolde brood met ’n skêr in die lengte middeldeur.

FOTO: Estvan Vermeulen

FOTO: Estvan Vermeulen

6. Vleg nou die twee dele deeg sodat die gesnyde kant na bo wys.

FOTO: Estvan Vermeulen

FOTO: Estvan Vermeulen

7. Bak op ’n voorbereide bakplaat vir ongeveer 30 minute. Sit dadelik voor of bêre in ’n lugdigte houer.

FOTO: Estvan Vermeulen

FOTO: Estvan Vermeulen

Onthou, Nutella kan enige tyd van die dag geëet word, so dié brood gee jou die verskoning om selfs vir ontbyt sjokolade te eet!

Lekker bak!

Klits-en-Klets Kok

Liezl

Klits-en-Klets Kok Volg my ook nou hier en kook saam

Twitter: @KlitsenKletsKok

Facebook: Klits en Klets Kok

Instagram: klitsenkletskok