Micky Hoyle

Micky Hoyle

Bykos

Olyf-en-roosmaryn-broodjies

Die broodjies werk goed saam met die twee kase, want die olyf- en sampioengeure van die kase pas goed bymekaar.
Sowat 7 lang broodjies

  • 200 g swart olywe, gedreineer en ontpit
  • (verkieslik Italiaanse swart olywe)
  • 100 g groen olywe, gedreineer en ontpit
  • 1 kg winkelbrooddeeg
  • vars roosmaryntakkies
  • olyfolie om oor te sprinkel

Verhit oond tot 200 °C. Kap die swart en groen olywe op in growwe stukke en meng. Verdeel die winkeldeeg in sewe stukke of soveel broodjies as wat jy wil maak. Druk een stuk deeg plat op ’n meelbestrooide oppervlak en plaas van die olywe in die middel. Knie die olywe goed deur die deeg. Vorm ’n lang broodjie en plaas op ’n bakplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Druk 2 – 3 takkies vars roosmaryn bo-op. Herhaal met res van deeg en olywe. Plaas brode in oond en bak ’n halfuur. Klop bo-op die brode om seker te maak dis gaar – dit sal hol klink. Haal uit en sprinkel ’n klein bietjie olyfolie bo-oor elke broodjie. Sit warm of koud voor saam met gemarineerde brandrissie en ekstra olywe.