Onderstebo-piesang-en-karamelkoek

FOTO Donna Lewis

Gebak

Onderstebo-piesang-en-karamelkoek

Sit die Onderstebo-piesang-en-karamelkoek louwarm voor met roomys vir ’n heerlike bederf.

genoeg vir 1 groot koek

• 2 piesangs, in ringe gesny
• 2 groot eiers
• 250 ml sonneblomolie
• 250 ml sterk koffie
• 4 piesangs, fyngedruk
• 1 x 650 g-boks sjokoladekoekmengsel

Sous

• 1 x 380 g-blik karamel-kondensmelk
• 125 ml room of melk

Verhit oond tot 180 °C. Voer ’n 30 cmlosboomkoekpan met bakpapier uit en spuit baie goed met kleefwerende kossproei. Pak piesangringe in die pan sodat die bodem heeltemal bedek is. Meng eiers, olie, koffie en fyn piesang saam in groot mengbak tot goed gemeng. Voeg koekmengsel by en meng tot gladde beslag. Gooi beslag oor piesangs en plaas in warm oond. Bak vir 35 – 40 minute of tot toetspen skoon uitkom. Laat effens afkoel en keer uit.

Sous Plaas kondensmelk en room in pot. Roer oor lae hitte tot gladde mengsel. Gooi oor koek en sit voor.