Foto's deur Lee Malan

Foto's deur Lee Malan

Gebak

Onderstebo-sampioentert

(8 PORSIES)

  • 45 ml olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 250 g wit sampioene
  • 100 g okkerneute
  • 60 ml balsemasyn
  • 45 ml heuning
  • hand vol tiemie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x 400 g-rol blaardeeg
  • ekstra koekmeel vir uitrol

Verhit oond tot 200 °C. Verhit olie in ’n 30 cm-braaipan. (Die pan moet in oond kan pas.) Braai ui en knoffel in warm pan vir sowat 5 minute of tot begin verbruin. Voeg sampioene en okkerneute by. Braai nog 5 minute. Gooi asyn, heuning en tiemie oor. Braai 2 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Rol blaardeeg uit op meelbestrooide oppervlak. Gebruik skerp mes en sny ’n deegsirkel van sowat 32 cm in deursnee uit. Plaas blaardeeg op sampioenmengsel in pan en druk stewig vas. Bak 30 – 40 minute of tot goudbruin. Keer uit op bord.

Om te drink
KWV se Cape Pale Dry.