sk1010.6uur12
Gebak

Onderstebo-sampioentert

(4 – 6 porsies)

  • 30 ml botter
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 ui, grofgekap
  • 400 g gemengde sampioene
  • 30 ml tiemie, gekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 x 500 g-rol blaardeeg
  • 30 g parmesaan-skaafsels

Verhit oond tot 180 ˚C. Verhit botter tot warm in ‘n mediumgroot pan en voeg knoffel en ui by. Roerbraai vir sowat 5 minute of tot begin verkleur. Voeg sampioene en tiemie by. Braai vir nog 5 – 8 minute of tot sampioene gaar is. Geur goed met sout en swartpeper. Plaas sampioene in ‘n oondvaste bak van 30 x 20 cm wat met kleefwerende sproei gespuit is. Rol blaardeeg booor
oop en druk stewig vas op sampioene. Bak vir 20 minute of tot goudbruin en gaar. Keer uit op ‘n opdienbord. Sit warm voor saam met slaai en parmesaanskaafsels.

Wenk: Jy kan ook hoenderrepies braai en byvoeg as jy die gereg meer vullend wil maak.

  • Kate

    og dis te lekker ek wil net aanhou kook en eet.
    Dankie vir al die lekker resepte.

  • Madeleine

    Lieflike resepte, baie dankie!