Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Gebak

Ontbeende lamsboud

(10 – 12 porsies)

  • 2 ontbeende lamsboude van 1 kg elk
  • 125 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 3 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 60 ml suurlemoensap
  • 30 g vars basiliekruid, fyngekap

Verhit oond tot 180 °C. Plaas die vleis in ‘n oondroosterbak en gooi olyfolie oor. Geur met sout en peper. Smeer knoffel oor en gooi suurlemoensap oor. Smeer gekapte basiliekruid oor. Bak vir 40 minute. Verhit roosterelement en rooster die vleis vir 15 minute. Haal uit en laat afkoel. Sit voor saam met kruiesous.

kruiesous

  • 1 knoffelhuisie
  • 60 ml kappertjiesaad
  • 30 g Italiaanse pietersielie
  • 10 g kruisement
  • 40 g bronkors (watercress)
  • 90 ml olyfolie
  • sap en skil van ½ suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Plaas knoffel, kappertjiesaad, pietersielie, kruisement, bronkors en olyfolie in voedselverwerker. Meng tot glad. Skep in bakkie en voeg sap en skil van suurlemoen by. Geur met sout en peper.

Om te drink:

‘n Vrugtige rooiwyn, soos merlot